:: School-to-Work Program / Skool-tot-Werk Program

                  

 


FELICITAS SCHOOL



     


FELICITAS SKOOL



     

SCHOOL-TO-WORK PROGRAM

SKOOL-TOT-WERK PROGRAM


School-leavers are included in the School-to-Work Program at Felicitas School.

The program is presented on Wednesdays during school hours. The aim of the program is to help the learners develop additional skills, which cannot be taught in the normal classroom environment. They act as an assistant and work under supervision of a staff member.

Learners dress appropriately for their specific work placement e.g. working in the kitchen. This enables the therapist to monitor their appearance and make suggestions where necessary.

The learners are encouraged to work from 8h00 until 12h40 to improve their work endurance. They need to adhere to specific tea-times and be on time for their duties.

Currently the following School-to-Work Workshops are run at school where learners are taught skills in the following areas: kitchen, laundry, staff room cleaning, class assistant, porter/ therapy assistant, carwash, recycling, refuse removal, coffee shop waiters and coffee shop kitchen assistant. We also have one learner working on the External Program as an assistant to a Mechanic.

Learners receive no money for the tasks they do, as it is part of their school training. During Work Preparation Groups relevant topics are discussed e.g. appropriate dress, make-up, handling strangers, relationships with superiors etc. Cleaning skills are taught in practical sessions.


KITCHEN WORKSHOP



Learners are taught to butter bread and use various types of spread to make sandwiches. They cut the sandwiches into the required sizes and some learners will pack the correct amount of sandwiches per class. They are taught to clean their work surface and tidy the kitchen.

The learners wipe the tables and chairs in the hostel’s dining room, dust, sweep and mop the floors of the dining room.

HOSTEL WORKSHOP



Learners are taught to clean the hostel’s bathrooms by washing the basins, baths, showers and toilets. They sweep and mop the floors of the bathrooms. They learn to make a bed and tidy the dormitories.

CARWASH WORKSHOP



Learners are taught to dust and vacuum a car on the inside. They are taught to hose down the car and wash and dry it afterwards.

LAUNDRY WORKSHOP



Learners learn to sort and fold various types of washing in the laundry.

GARDENING WORKSHOP

The learners are taught to use basic gardening equipment. The are taught the basic skills e.g. to rake, weed and plant vegetables in a pot or small vegetable patch.

PORTERS

Certain learners act as porters by transporting wheelchair-bound learners to and from the Therapy rooms. They work under the supervision of the Therapist and conduct basic cleaning and sorting tasks while the Therapist is busy with a session.

STAFFROOM CLEANING

Learners are taught to do basic cleaning tasks e.g. cleaning tables, washing dishes, dusting, sweeping and mopping.

COFFEE SHOP

On Fridays, the learners work in the Coffee Shop. They take orders from the other learners, prepare the tea and coffee and serve the learners. They are also taught to do basic cleaning tasks e.g. cleaning tables, washing dishes, dusting, sweeping and mopping.
   


Skoolverlaters word ingesluit by die Skool-tot-Werk Program by Felicitas Skool.

Die program word op Woensdae gedurende skoolure aangebied. Die doel van die program is om leerders die geleentheid te gee om ekstra vaardighede, wat hulle nie in die klassituasie kan leer nie, te bemeester. Hulle help as ‘n assistant in ‘n area, waar hulle onder toesig van ‘n personeellid werk.

Leerders trek toepaslike klere aan vir hul spesifieke werksplasing bv. in die kombuis. Dit bied aan die terapeut die geleentheid om hulle voorkoms te monitor en aanbevelings te maak waar nodig.

Leerders word aangemoedig om vanaf 8h00 tot 12h40 te werk om werks-uithouvermoë te verbeter. Hulle word ook geleer om betyds op hulle poste te wees na teetye.

Die volgende Skool-tot-Werk Werkswinkels word tans aangebied, waar leerders vaardighede in die volgende areas aanleer: kombuis, washuis, personeelkamer, klashulp, portier / terapie assistant, motorwas, herwinning vullisverwydering, koffiewinkel en koffiewinkel-assistent. Daar is tans ook een leerder wat as assistant vir ‘n Motorwerktuigkundige werk as deel van die Eksterne program.

Leerders ontvang geen betaling vir die werk wat hulle doen nie, aangesien dit deel is van hulle skoolopleiding. Tydens die Werksvoorbereidings-groepe word relevante onderwerpe bespreek bv. toepaslike kleredrag, grimering, hantering van vreemdelinge, verhoudings met werkgewers ens. Skoonmaakvaardighede word ook op praktiese vlak ingeoefen.


KOMBUIS WERKSWINKEL



Leerders word geleer hoe om toebroodjies te maak. Hulle word van die verskillende smere en vulsels geleer en dan ook hoe om die toebroodjies op die regte manier te sny.

Sommige leerders help dan met die tel en verpakking van hierdie toebroodjies vir die verskillende klasse. Daarna word hulle geleer om hulle werksarea skoon en netjies te hou.

KOSHUIS WERKSWINKEL



Leerders word hier geleer hoe sorgvuldig skoon te maak. Hulle word geleer hoe om die vloere te vee en te was. Ook word hulle geleer hoe om die wasbakke, baddens en die toilette skoon te maak. In die kamers word hulle geleer hoe om die beddens mooi op te maak.

KARWAS WERKSWINKEL



Na afloop van hierdie werkswinkel kan leerders n motor binne en buite baie mooi skoonmaak. Hulle word geleer hoe om die binnekant van die motor te stofsuig en af te stof. Die buitekant van die motor word ook gewas en baie mooi afgedroog.

WASKAMER WERKSWINKEL



Gedurende die waskamer werkswinkel word leerders geleer hoe om wasgoed uit te sorter en dan weer op te vou.

TUINWERK WERKSWINKEL

Leerders word alles geleer van die basiese tuinwerk gereedskap asook hoe om te spit en te grawe. Felicitas het onder leiding van Mnr. Nicholas Mhlanga n onderwyser by die skool n spoggerige groentetuin wat vars groente aan die koshuis voorsien. Die droom bestaan om binnekort van hierdie vars groente aan die publiek te verkoop.

PORTIERE

Aangesien daar heelwat rolstoel gebonde leerders in Felicitas is, word van ander leerders onder toesig van die terapeute geleer hoe om hulle by die onderskeie terapie afdelings te kry. Hulle is ook dan behulpsaam met die skoonmaak take waar benodig.

KOFFIEWINKEL

Op Vrydae werk van die leerders in die koffiewinkel.
Hulle neem bestellings van mede leerders en leer onder andere hoe om koffie en tee te maak en dit dan te bedien. Weereens dan leer hulle om basiese skoonmaak take hier te verrig.
  



  



  

   

Copyright © 2012 Felicitas School/Skool • Designed and Hosted by Bacchus International • All Rights Reserved