:: Hostels / Koshuise

                  


FELICITAS SCHOOL



     


FELICITAS SKOOL



     

HOSTELS

KOSHUISE


We have a Boys' Hostel and a Girls' Hostel that offer accommodation to 60 learners, 30 boys and 30 girls.
We offer weekly boarding, from Monday to Friday. Learners may arrive back after a weekend on the Sunday afternoon between 16:00 - 17:30. All learners have to be collected on a Friday before 18:00.
The hostels offer a homely atmosphere where the learners can feel happy, safe and at home.
Housemothers are on duty to assist learners with feeding, dressing, bathing, etc.
The Housemothers plan an afternoon programme to keep learners constructively busy, which include amongst others swimming, soccer, playing on the jungle gyms, etc.
Learners need to bring their own toy bag to the hostels to keep them occupied. They also watch TV at night.
Learners enjoy three well balanced meals per day, as well as sandwiches for break time and a four o'clock fruit.
Parents should comply with the clothes list and other items like toiletries which are required for the boarders. The learners' laundry is done at the hostel.
Day scholars cannot be accommodated in the hostels before or after school.


Ons het 'n Seunskoshuis en 'n Meisiekoshuis wat inwoning aan 60 leerders bied, 30 seuns en 30 meisies.
Ons bied slegs weeklikse inwoning aan, van Maandag tot Vrydag. Leerders mag op 'n Sondag middag tussen 16:00 - 17:30 terugkom na die naweek. Alle leerders moet voor 18:00 op 'n Vrydag middag afgehaal word.
Die koshuise bied 'n huislike atmosfeer waar die leerders gelukkig, veilig en tuis kan voel.
Die Huismoeders op diens help die leerders met voeding, kleding, tydens badtyd, ens.
Die Huismoeders bied 'n middagprogram aan om die leerders konstruktief besig te hou.
Dit sluit onder andere in swem, sokker, klim-en-klouter, ens.
Leerders moet hul eie speelgoedsak saambring om hul besig te hou. Hulle kyk ook saans TV.
Leerders geniet drie gebalanseerde etes per dag, asook toebroodjies vir pouse en 'n middag vrug.
Ouers moet toesien dat die klerelys en ander benodigdhede vir die koshuis, soos toiletware, volledig is. Die leerders se wasgoed word by die koshuis gedoen.
Geen dagskoliere kan voor of na skool by die koshuise geakkommodeer word nie.
 

 

 

    

  



  

Copyright © 2012 Felicitas School/Skool • Designed and Hosted by Bacchus International • All Rights Reserved